Nikicha Schnetler
Hoërskool Nelspruit
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Nelspruit
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het spesifiek na ’n rok gesoek wat uniek is en my persoonlikheid uitbeeld. Ek wou iets hê wat anders is – ’n ontwerp wat ek nog nie voorheen gesien het nie en wat my eie styl na vore gebring het. Ek wou nog altyd ’n oop rug hê, en ek dink my rok het presies die styl en gevoel na wat ek gesoek het vasgevang. Daarom het ek op die kleur besluit, want dit was vir my anders en ek dink dit het perfek by die rok gepas.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het begin met ’n prentjie wat ek raakgesien het en ek het dadelik geweet dit is hoe my rok moet lyk.Dit was vir my elegant en stylvol, maar steeds sag. Presies soos wat ek dit wou hê .Ek wou iets hê wat sag en vroulik is, maar tog uniek en selfversekerd. Ek het die prentjie gebruik as ’n vertrekpunt en dit laat aanpas om my persoonlikheid, my droom en my spesiale aand perfek vas te vang.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my rok was beslis die oop rug. Dit het vir my ’n sagte, elegante gevoel gegee en ek het gehou van hoe uniek en stylvol dit gelyk het.
Datum van matriekafskeid
2025-08-16