Niki Maartens

Framesby

Tuisdorp

Port Elizabeth

Skool

Framesby

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Anton Randall - plaaslike ontwerper

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Koningsblou is nog altyd 'n kleur waarvan ek gehou het. Ek het nie 'n enkele koningsblou kleding stuk nie. Die kleur van my rok was dus 'n baie maklike keuse. EK het net geweet! Wat die styl betref, wou ek iets klassiek en soortvan tydloos dra. En natuurlik was 'n korset 'n moet. Ek het gepinterest totdat ek die regte prentjie gekry het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Sjoe wat kan ek noem - alles van opgewondenheid tot trane. Opgewonde oor die pad wat nou voor my is, maar tog ook emosioneel. 'Memories' flits voor my van onderwysers, vriende maak en verloor deur die jare, my ouers wat my moed inpraat wanneer ek vir toetse en eksamens voorberei... Dis bitter soet!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Wat 'n aand was dit nie! My voete was seer gedans...Ek is met blase huis toe. 'Celebration' op sy beste. Die hoogtepunt vir my was rerig alles, die kos, dekor, die musiek... Maar as ek iets moet uitlig, sal dit wees die glimlag op almal se gesigte en sommer net almal wat hardop saam lag en die beste tyd van hul lewens het.

Planne vir na matriek

Ek is mal daaroor om met syfers te werk. Ek weet al vir baie lank dat ek in die finansiele sektor wil werk. So Vasity College is dit vir my volgende jaar. B Com Rekeningkunde met die doel om eendag 'n 'Charterded Accountant te kan wees. Dit gaan baie harde werk wees. Ek besef dit, maar sien uit.

Gunsteling woord in Afrikaans

Pannekoek!

Datum van matriekafskeid

2025-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media