Nikayla Ferris
Goudveld Hoerskool
Tuisdorp
Welkom
Skool
Goudveld Hoerskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok was ontwerp en gemaak deur Gerhardt Shebe Creations (GSC) in Bloemfontein.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Openbaring 7:14
Ek glo ek is n siel uit die 80s vasgevang in n 18 jarige liggam. My korset is geinspireer deur daardie era.Aanvanklik het ek net vir my ontwerper die besonderhede gegee van die tipe rok.
Die korset was n moet,maar ek was vasbeslote op n lang sleep,styfpassende rok met n skeur. My ontwerper het n paar sketse gemaak en na lank soek op n kleur het ek besluit op wit as my finale keuse. Die kleur van my rok is opgedra aan my oorlede vriendin Serena De Sousa wat tragies haar lewe verloor het op 4/7/2025 in n huisbrand. Hierdie skrif het met my geresoneer, want sy sou nooit die kans kry om n bruid op aarde te wees nie. Daarom was my hele MD-dag in viering van haar hemelse lewe.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My Matriekrok is volledig ontwerp ter ere van my oorlede vriendin,Serena De Sousa.(10/11/2007-4/7/2025)
Die lewe is kort, kosbaar en more is nooit belowe nie-leef elke dag ten volle en laat n onvergeetlike nalatenskap agter.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die "Laaste Dans" van 2025
Die vooreg om die laaste dans met my skoolvriende te geniet.
Planne vir na matriek
My planne na matriek is om n graad in Oral Hygiene by die Universiteit van die Wes-Kaap te voltooi en n suksesvolle loopbaan in mondhigiene te begin. Drama en sang is my passie so ek wil dit nogsteeds uitleef as n stokperdjie aan die kant.
Gunsteling woord in Afrikaans
Samesyn-die mooi gevoel van saamwees met mense.
Datum van matriekafskeid
2025-10-17