Nienke de Villiers

HTS Drostdy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die ontwerp van my rok is my eie want ek wou iets gehad het wat my persoonlikheid komplimenteer. Ek wou hê my rok moes gemaklik maar nogsteeds elegant en stylvol wees. My rok is "royal blue" en bestaan uit 4 verskillende materiale; die royal blue satyn is gebruik as die onderlaag van my rok en dan die onderste gedeelte het 2 lae "organza" bo-oor om struktuur aan die rok te gee. Die boonste gedeelte van die rok bestaan uit royal blue sequence patrone wat afloop na onder om n vloeiende ilusie te gee. Laastens die wit "lace" patrone wat ingebring is om die rok meer uniek te maak. Dit het n lace-up agterkant met die wit "lace" wat langs dit vloei om vorm aan die rok te gee. Die rok was beslis my droom rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HTS Drostdy

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my inspirasie oorspronklik gekry vanaf n pinterest prentjie en met die idee in my kop het ek die ontwerp verander om meer te pas by my persoonlikheid. Die royal blue het dadelik my oog gevang want dit is 'n diep, helder blou wat my persoonlikheid komplimenteer. Ek wou die wit inbring om anders te wees en om 'n "pop" te gee aan my rok. My ontwerpster het baie gehelp om my hele rok bymekaar te sit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My hele rok was my gunsteling, maar veral die rug gedeelte met die wit "lace".

Datum van matriekafskeid?

2023-08-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media