Nieke de Jager

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n tweestuk wat uit 'n ligte pienk glitter lap gemaak is. Die bo-stuk het 'n korset snit met groot ballonmoue. Die romp het 'n A-snit en kom net tot bo my enkels. Ek het gekies om my hele rok dieselfde lap te maak, sodat die klem op die snit en glitter kan wees.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van die begin af, was daar net twee woorde in my kop: prinses en bling. Ek het beslis soos 'n prinses gevoel in my rok en om te sien hoe my rok skitter regdeur die aand, het my só gelukkig gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Vanaf ek vir die eerste keer my lap in die winkels gesien het, was ek dadelik verlief. Dit is veilig om te sê dat die glitter lap van my rok definitief een van my gunstelling dele was. Saam met die bling, was my opgepofde moue ook een van my gunstelling dele en ek voel dit het beslis bygedra tot die hele prinses-gevoel van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media