Nicole Kühn

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het hierdie rok ontwerp met die Springboks as inspirasie. Groen en goud! Ek het met die hulp, leiding en uitstekende handewerk van Izelle Otto Couture die eer en vryheid gehad om met my eie idee my spesiale dag te geniet.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die Bokke het vir my n inspirasie geword, n simbool van hoop, van samesyn en “belonging”. Vanaf die eerste wedstryd na “lockdown” wat ek die Springbokke op Loftus gaan kyk het waar ek saam met 55,000 ander die volkslied met trots gesing het, vir daardie 80 minute het almal dieselfde doel en hoop. In daardie oomblik het ek hoop gekry. Hoop vir ons land, hoop vir my drome, hoop vir my toekoms en hoop vir myself

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Behalwe vir die inspirasie en motivering agter die rok, was die aandag aan die fyn detail beslis my gunsteling. Die ontwerper het klein groen rugby-bal steentjies op my skouer vas gewerk asook n Springbokkie in die binnekant van my romp deel, wat ek af en toe kon oopmaak sou ek dit met iemand wou deel. n Konstante klein herinnering vir ons land se hoop dat die Bokke die jaar weer die beker sal huistoe bring.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media