Nicola de Bruyn
Hoërskool Die Wilgers
Tuisdorp
Cullinan
Skool
Hoërskool Die Wilgers
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur "Clarins by Gerrit Pienaar" in Pretoria
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het rooi gekies omdat ek ’n kleur wou dra wat net so helder en lewend soos my siel voel. Rooi simboliseer warmte, selfvertroue en krag ... eienskappe wat ek graag op hierdie spesiale aand wou uitbeeld. Ek wou iets hê wat elegant en tydloos lyk, maar steeds eenvoudig genoeg is om my persoonlikheid op ’n rustige, eerlike manier te weerspieël.
Die materiaal is doelbewus “flowy” gekies om beweging, vryheid en sagtheid voor te stel. Wanneer ek stap, moet dit voel asof die rok saam met my leef — lig, warm en vol gemak. Die ontwerp bly minimalisties, want vir my lê ware styl in eenvoud: skoon lyne, ’n helder kleur en materiaal wat sonder moeite vloei.
Hierdie rok verteenwoordig wie ek is: warm, elegant, lewendig en opreg.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok is vir my baie meer as net 'n uitrusting vir ’n spesiale aand. Dit wys vir my hoe vêr ek gekom het. Vir baie jare het ek myself terug gehou, my gevoelens onderdruk en te bang gevoel om regtig selfvertroue te hê. Ek het altyd probeer wegkruip en minder van myself wys.
Maar toe ek hierdie rok aantrek, het iets in my verander. Dit voel asof dit die “chains” gebreuk het wat ek so lank gedra het. Die rooi kleur het my moed gegee en my laat voel dat ek goed genoeg is, dat ek mag uitstaan sonder om bang te wees.
Vir my beteken hierdie rok nuwe selfvertroue, groei, en die gevoel dat ek uiteindelik nie meer hoef terug te hou nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my Matriekafskeid was om die aand saam met iemand te spandeer wat die Here opreg liefhet, net soos ek. In ’n tyd waar baie jong mans nie sterk waardes uitleef nie, het hy respek getoon, moeite gedoen om die aand vir my besonders te maak, en my baie laat lag. Behalwe dat ek mooi gevoel het en nuwe selfvertroue gehad het, was dit vir my waardevol om die aand saam met iemand te deel wat my met opregtheid, sorg en warmte hanteer het.
Planne vir na matriek
Na Matriek wil ek graag Voedseltegnologie en Produkontwikkeling studeer. Ek is passievol, kreatief en nuuskierig, en ek hou daarvan om met nuwe idees en produkte te eksperimenteer. Ek wil ook tyd maak om myself beter te leer ken en uit te vind wie ek regtig is, maar sonder om rond te dwaal of ’n leegleêr te wees. Ek wil ’n goeie balans hê om te groei, nuwe dinge te ontdek en hard te werk sodat ek uiteindelik suksesvol kan wees en iets betekenisvol kan bou.
Gunsteling woord in Afrikaans
Gogga
Datum van matriekafskeid
2025-10-09