Nichola Verster

C&N Meisieskool Oramje

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

C&N Meisieskool Oramje

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Elmerane van Ryneveld van Orijinel het my droomrok ontwerp. Die hele proses tot ek my rok kon aantrek, was 'n onvergeetlike ervaring.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ouwêreldse elegansie is hoe ek my styl sal opsom. Ek is nogal 'n ou siel, en wou 'n rok hê wat stylvol en elegant is en by my persoonlikheid pas. Die kleur en blinkertjies gee 'n glansryke gevoel. Ek wou graag 'n blywende indruk skep en glo dat ek oor 50 jaar nog steeds mal sal wees oor my rok!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het soos 'n glanspersoonlikheid op die rooi tapyt gevoel in my rok! My matriekafskeidrok is nie net die afsluiting van my skoolloopbaan nie, dit is ook die inspirasie vir my toekoms. Dit beteken om altyd goed te voel oor myself, om elegant te wees in alles wat ek doen en om my lig te laat skyn.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die fotosessie saam met my gesin en beste vriendin was groot pret en definitief 'n hoogtepunt.

Planne vir na matriek

Ek beplan om LLB aan die PUK te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

gogga

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media