Nichola Thomson

HTS Witbank

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het ñ lae, v-vormige neklyn met bandjies wat tot agter vloei. Aan die agterkant word hy op ñ "criss-cross" manier en strik vasgemaak. Hy het ook ñ gemaklike slit en slee wat net lank genoeg is. Aan die binnekant van die rok is bandjies aangewerk om oor my arm te gooi as ek trappe moet klim of net lekker te dans.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bygewoon ja.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog nooit vas op ñ kleur vir ñ rok nie en het nie geweet met watse kleur ek sal gaan nie, maar ek het wel geweet dat dit iets klassiek moet wees. Almal het wel nog altyd vir my gesê dat rooi my kleur is en dat ek dit meer moet dra. Op die dag wat ons materiaal gaan soek het, het die rooi materiaal my oog gevang. Die unieke styl bestaan uit ñ klomp idees wat ek self saamgevoeg het. ñ Slee om elegant te vertoon, "criss-cross" vir daardie corset effek en slit om bietjie been te wys.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die manier wat ek die rok kon swaai, was by verre die beste deel vir my gewees. Ek kon draai en swaai en altyd het die rok net mooi gevloei. Die bandjies aan die binnekant was ook vir my ñ hoogtepunt wat tot die gemak van die rok bygedra het. En om die rok af te sluit, die mooi paar skoene waarna ons so lank gesoek het, om die perfekte paar te vind.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media