Nerine Lombaard
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het grootgeword in ’n klein dorpie, Luckhoff, iewers tussen die stof en sand van die Vrystaatvlaktes. Grootgeword tussen twee boeties wat my baie van die lewe geleer het. Maar iewers diep binne my het daar altyd ’n klein dogtertjie gebly wat daarvan gedroom het om vir net één dag soos ’n prinses te voel.
Elke meisie dra ’n droom in haar hart wat al van kleins af daar woon. Myne was om eendag ’n groot, fluffy rok te dra en vir een aand in my eie sprokie te leef.
Dit het begin met ’n kombers wat om my klein lyfie gedraai is, in verskillende style oor my ma se huisvloer gesleep is en telkens ’n nuwe rok geword het in die verbeelding van klein Nini.
En toe kom daardie aand. Die kombers het plek gemaak vir ’n rok wat tot lewe gebring is, ’n rok wat onder die ligte geglinster het en wat iets besonders verteenwoordig het: die droom van ’n klein dogtertjie én die vrou waarin sy besig was om te groei.
My Matriekafskeid was nie bloot net ’n aand in ’n mooi rok nie. Dit was ’n stukkie van my kinderjare wat vir een aand werklikheid geword het.
