Natasha van Niekerk

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is nog altyd tuis in 'n atletiekfrokkie en hardloopskoene. Ek wou graag 'n rok hê wat my elegante en stylvolle kant sou uitbring en ten toon stel. Ek het 'n pragtige Dior rok gesien wat deur Natalie Portman gedra is en dit was die inspirasie agter my rok. Werner Dey het my rok ontwerp en ons het die 'Portman' rok as basis gebruik en veranderinge gemaak wat by my smaak en styl pas. Wat 'n heerlike journey was dit nie om saam met Werner en sy span aan te pak nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was elegansie ... pure elegansie. Ek wou wys dat ek nie net die meisie is wat nie skrik vir 'n 3000m om die baan nie maar ook ewe tuis is in 'n sprokiemooi rok waarin ek my tekkies aan die brand kan dans.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die 'ombre' effek wat geskep is op die rompgedeelte van my rok. Dit begin by 'n 'midnight blue' en word al ligter tot by die soom. Die Zwarovski kristalle op die romp was 'n groot verrassing deur Werner Dey en ek is absoluut mal daaroor!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media