Natasha Prinsloo

Hoërskool Dr.EG. Jansen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Met die wonderlike en talentvolle designer Willem Terblanche het ek geweet hy sal my drome n realiteit maak . Ek het n helder pink kleur gekies wat vir my baie uit gestaan het en ek het geweet dis hoe ek wil lyk op my spesiale dag .Ek wou n rok hê wat my self vertoue gee en pas by my liggaam vorm , iets waarin ek gemaklik gaan wees .

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja , was n aand om virewig te koester

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het al in die laërskool begin kyk na fotos van matriekafskeid rokke en ekt nooit een gekry wat ek gevoel het by my gaan pas nie maar in die begin van die jaar het ek n amazing rok gesien op Instagram en was dadelik verlief op die styl en hoe dit gelyk het op die model en het geweet ek wil so tipe rok op my spesiale dag dra .Dit was vir my belangrik om elegant en uniek te voel en met die helder pink materiaal het ek soos n regte lewe Barbie gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

ALLES , ek kan nie net een ding kies nie . Ek wou hom aan die einde van die aand nie eers uit trek nie maar as ek een ding moet kies sal dit die materiaal wees . Dit skyn so mooi in die son en ek is n groot fan van “BLING” .

Datum van matriekafskeid?

2023-10-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media