Nané du Toit

Nané du Toit Nané du Toit Nané du Toit

Ouderdom

18

Tuisdorp

Somerset Wes

Skool en dorp/stad van skool

Hoër Meisieskool Bloemhof Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Nané het nie vooraf ’n spesifieke rok in gedagte gehad nie, maar sy het geweet sy soek ’n elegante, noupassende rok met ’n vloeiende silhoeët – iets vroulik en stylvol waarin sy terselfdertyd gemaklik en selfversekerd kon voel.

Ons het winkel toe gegaan om verskillende style en kleure te probeer en inspirasie te kry, maar toe sy die rooi rok aantrek, het alles net bymekaargekom. Die treffende kleur, glinsterende detail en manier waarop die rok haar figuur omlyn en met haar bewegings saamvloei, was presies waarna sy gesoek het.

Dit was nie ’n rok wat sy vooraf op ’n foto gekies het nie – dit was eenvoudig die rok waarin sy dadelik soos die beste weergawe van haarself gevoel het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media