Nadia Visser

Teneo education (online)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n rok in Maar gehad wat perfek op my gesit het, maar toe ek 'n 2 weke voor die matriekafskeid weer die rok gaan aanpas het, het hulle die rok uitverhuur aan 'n ander meisie die aand voor my matriekafskeid en die rok het GLAD nie meer dieselfde aan my gesit nie omdat hulle die rok kleiner gemaak het en afgesny het. Lang storie kort, ek en my ma het gegaan en ander opsies gaan kry en afgekom op hierdie broekspak by Trueworths! Van die sekond wat ek dit aangepas het was ek verlief. Die broekspak was "strapless", so my ma se vriendin het to die redding gekom en dun strapies opgesit dat ek net meer gemaklik is. Die slits aan beide kante van die pype het ook baie hoog opgekom, so die sy het dit ook meer toe gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Nee, ek het Outeniqua se privaat een bygewoon.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Nadat ek nie meer my eerste keuse van 'n rok kon aantrek matriekafskeid toe nie, wou ek net iets gehad het waarin ek gemaklik kan wees, maar steeds mooi, stylvol en vroulik kan voel. Ek wou iets gehad het wat ek oor 20 jaar vir my kinders kan wys en dit nogsteeds in die mode sal wees. Ek wou nie iets gehad het wat baie besig is en "jou oë brand as jy daarna kyk nie."

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

DIE FEIT DAT DIT 'n BROEK IS! Ek kon rondbeweeg sonder om bekommerd te wees dat iets gaan gebeur. Ek kon heel aand draai en dans en hoef glad nie gekeer het dat iets gaan oopwaai of te hoog oplig nie. Dit was asof die broekspak VIR my gemaak was.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media