Nadia Twyman

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die kleur van my rok is 'n kenmerk wat dit laat uitstaan, omdat nie baie mense die kleur sou kies nie en eerder vir 'n meer kleurvolle opsie sou gaan. My rok het 'n redelike hoë slit en 'n oop rug met 'n baie mooi sleep. Daar is baie fyn detail wat met die hand gewerk is, soos die op die bandjies. Dit is 'n klassieke, sexy en stylvolle rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Kempton Park sin

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het aanvanklik nie regtig geweet hoe ek wil hê my matriekafskeidrok moet lyk nie, maar ek het wel geweet ek wil 'n oop rug hê en dit moet iets wees wat anders is as die gewone. Izelle Otto het my gehelp om die regte materiaal te kies wat my gelaatskleur mooi pas. Die materiaal het dus toe die ontwerp van my rok geïnspireer. Nadat ons die regte lap gekies het was dit vir Izelle baie maklik om die asemrowende rok te ontwerp.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is opreg so moeilik om net een deel te kies. My rok het my gepas soos 'n handskoen en ek is mal oor die hele ontwerp. Dit het my wildste drome oortref en ek kan verseker Izelle Otto Couture vir enige meisie se droom rok aanbeveel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media