Nadia Kühn
Hoërskool Transvalia
Ouderdom
18
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool
Hoërskool Transvalia
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Marius van Designs by Marius – Hy weet defnitief wat hy doen.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou soos iets uit 'n sprokies prent lyk en voel, maar terselfdertyd gemaklik en selfversekerd wees. Ek het ure lank inspirasie op Pinterest gesoek en verskeie prentjies afgelaai, maar niks het regtig die beeld vasgevang wat ek in my kop gehad het nie. Ek het ’n konsultasie gehad by Marius van Designs by Marius. Hy het my ’n paar vrae gevra, en ek het vir hom voorbeelde gewys van wat vir my besonders is in elke rok. Deur die vrae wat hy gevra het hy daarin geslaag om presies te teken wat ek in my gedagtes gesien het, my enigste vereiste was dat ek ’n mooi, opvallende rug wou hê — en hy het dit perfek vasgevang. My droomrok het letterlik op papier tot lewe gekom.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van die rok was beslis die ruggedeelte. In die sonlig en onder die ligte het dit gelyk asof die sterre op die rok ingewerk was — dit het ongelooflik geskyn en die hele ontwerp ’n betowerende, elegante effek gegee.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die matriekafskeid was beslis die oomblik toe almal mekaar vir die eerste keer gesien het. Die opgewonde reaksies, die verbasing en die glimlagte toe ons mekaar se rokke sien, dit het die aand iets besonders gemaak. Dit was ’n oomblik vol trots, vreugde en verwondering.
Planne vir na matriek
Ek wil graag Sielkunde gaan swat
Gunsteling woord in Afrikaans
Snoesig
Datum van matriekafskeid
2025-10-02