My Inskrywing

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Klassiek, stylvol en elegant. Dit was vir my baie belangrik dat my rok die praatwerk moet doen. Iets wat dadelik 'n "wow" reaksie skep is wat ek ingedagte gehad het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet ek soek 'n rok wat stylvol en elegant is. 'n Rok waaroor ek oor 10 jaar van nou nie spyt gaan wees nie. 'n "all time classic" soos hulle sal sê. 'n Sagte pienk rok het nog altyd my oog gevang en daarom was dit sonder twyfel die kleur waarmee ek gegaan het. Die "off shoulder look" is iets anders as die normale rok. Ek het 'n sagte plek vir ietsie blink. Ek het die ontwerp juis so gekies dat daar genoeg blink is maar steeds stylvol en elegant lyk. Die oop rug het gesorg dat ek agterna gestaar is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sonder twyfel al die detail op die rok, veral die detail op die rug. Die feit dat ek heelaand gemaklik in die rok gevoel het is natuurlik ook n bonus.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media