Christele Coetzer
Hoërskool Frans du Toit
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is n pragtige emerald groen met n hoë snit en n corset rug. Hy is gemaak met baie lae materiaal wat baie swaar was maar op die ou einde die moeite werd was om vir n aand te dra My rok glinster en vonkel in die lig wat vir my uniek is. Die rok het my lyf perfek gepas en ek het soos n bosfeetjie gevoel.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Frans du Toit
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was natuur gewees. Al wat ek geweet het is dat ek soos n prinses en n feetjie wou voel en dit was presies so gewees. Ek het nie presies geweet wat die kleur van my rok moet wees nie maar ek het defnintief geweet hoe die styl moet wees. Ek het op die ou einde die perfekte kleur gekies wat by my vel kleur, oë en hare pas. Die kleur het ook perfek by my tema van natuur gepas.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My hele rok was my gunsteling deel gewees van die kleur na die detail, hoe die rok my gepas het en die sty., maar my heel gunsteling deel was die manier hoe hy geglinster en gevonkel het in die lig. Dit het my rok uniek en pragtig gemaak dit het net by my persoonlikheid gepas, waar almal my ken as n glinsterende mens.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19