Monique Weitsz

Hoërskool Aliwal-Noord

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit was vir my belangrik dat my matriekafskeidrok ʼn storie moes vertel. Stylvol, elegant, gemaklik, maar tog steeds my menswees en persoonlikheid vasvang en weerspieël. Die ware ek... Elmerane Van Ryneveld (Orijinel-Bloemfontein) het die droom vir my bewaarheid.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van jongs af was ek altyd gesien as die vaal, ou blondekop dogtertjie. Ek het dus myself geïnspireer om met hierdie matriekafskeidrok van ʼn lelike eendjie tot in ʼn mooi swaan te verander. Nes Aspoestertjie wou ek ʼn "entrance" maak wat niemand ooit sou vergeet nie. Met hierdie matriekafskeidrok het ek die koppe laat draai en definitief dit reggekry!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is natuurlik die kleur. Die verskillende skakerings van blou (periwinkle) beteken vir my dat seëninge, versoening, verlossing, geloof en wysheid beloftes is wat van God afkom. Nog ʼn bonus van die rok is dat die sleep of oorrok met krale, ook afgehaal kan word en sodoende het jy twee aandrokke in een.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media