Moniqué van der Merwe

Hoërskool John Vorster

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van die eenvoud en elegansie van my rok gehou. My rok het 'n vloeiende styl met shame van sagtheid gehad.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool John Vorster

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie dateer terug na my ouers se spesiale dag! Ek het my ma aanskou in haar trourok, en van die elemente in haar trourok het my inspireer om iets soortgelyks vir my spesiale daggie vas te vang. Ek en my ma word gereeld "copy en paste" genoem, omdat ons baie na mekaar lyk. Tog wou ek my eie uniekheid vasvang deur my eie rok, van kleur tot grimeer my eie te maak. Ons het by 'n Bedazzled ingestap en my aanvanklike kleur van goud het verander in 'n ligte mint groenerige kleur rok. Die kleur het my van die staanspoor fasineer!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My korset se fyner detail, die blink steentjies wat alles om my weerkaats het. Veral in die aand was my rok gloeiend tussen al die liggies, tog moet ek eerlik wees en sê my gunsteling deel is hoe ek in my rok gevoel het! Ek het elegant gevoel, my mooiste mooi gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media