Monique Terblanche

Hoërskool Ferdinand Postma

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is klassiek, minimalisties, tydloos tog stylvol. Ek is nie 'n frilletjies en valletjies mens nie en glo dat, soos die Engelsman sal sê, "Less is more". My rok is van Duitse vleuel gemaak en afgerond met volstruisvere. Ek was dadelik verlief op die kleur van my rok omrede die burgundy my volwasse, maar nie oud laat lyk nie. Die rok het net-net bo die grond gehang om dit vir my regdeur die aand gemaklik en gerieflik te maak om rond te beweeg en heelaand te dans.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek sal myself beskryf as 'n ou siel, nie net het ek op 'n klassieke styl besluit nie, maar ook op 'n regte "classical". Ek was eendag in my ma se klerekas opsoek na iets en sien toevallig haar matriekafskeidrok raak. Vir die snaaksigheid besluit ek toe om dit aan te pas en het dadelik geweet dat dit presies die rok was wat ek graag vir my matriekafskeid wil dra. Om my eie stempel af te druk ek het besluit om die vere by te voeg. Die vere was natuurlik die ooglopende keuse omrede dit my persoonlikheid perfek weerspieël; saggeaard maar hou steeds daarvan om uit te staan en indruk te maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die vere! Dit het daardie ekstra "flare" in my foto's gegee. Dit was ook vir my 'n groot eer om my ma se rok te kon dra en het dit nog meer spesiaal gemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media