Monique Strydom

Hoërskool Jeugland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek kyk van graad 10 af al na idees vir my perfekte rok. Ek wou 'n rok hê wat uniek en stylvol is. 'n Ontwerp wat mense ook sal laat dink. Shoe dit is nou 'n rok iets wat mens nie elkedag sien nie. 'n Rok wat my naam op het. Ek het 'n paar rokke en ontwerpe in gedagte gehad. Net toe ek dink ek het die perfekte rok gekry, verander ek weer van plan. Ek het 'n paar foto's van rokke gehad en drie van die ontwerpe saam gekombineer. Die ontwerp van die rug was nog 'n onsekerheid. Ek het 'n paar ontwerpe gesien waarvan ek gehou het, maar was nie seker of dit sou werk saam met die ontwerp van die rok nie. Ek het vir iets gesoek wat by die uniekheid van my rok sou pas. Met die eerste pas van my rok het ons een van die ontwerpe wat ons gehad het gevat en gedink dit sou werk. Dit het nie reg regtig vir my gewerk nie. Toe kom my ma met die voorstel van my rug se ontwerp. En dit was perfek. Alles het in plek geval. Ek het die perfekte rok gehad.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Jeugland

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die insperasie vir my rok was die feit dat ek nie iets allerdaags wou hê nie. Dit moes iets wees wat stylvol en uniek is. Iets wat by my styl en persoonlikheid pas. Die ontwerp was perfek. Presies wat ek wou hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Alles van my rok was my gunsteling. Die gemak van die rok en die kleur en hoe hy my gepas het alles het so goed gewerk. Daar is niks van die rok wat ek nie van gehou het nie. Alles was perfek. Die "beaded" materiaal en soft netting het die rok perfek gemaak. Ek het 'n prentjie in my kop gehad. Die prentjie was presies wat ek gekry het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media