Monique Laas

Hoër Meisieskool Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

sonstraal

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek klein was het ek nog altyd uitgesien na die dag waar ek my droom rok kan dra soos wat al die prinsesse en barbie's in die movies hulle droom rokke kon dra. Die grootste inspirasie agter my rok moes die pienk rok van Barbie Princess Charm School gewees het, vanaf ek dit die eerste keer gekyk het was pienk my gunsteling kleur en het ek besluit dat ek eendag 'n pienk rok sal dra soos sy. Deur die jare het ek van sekere aspekte van rokke gehou en dit bymekaar begin sit sodat dit die rok kan word van my drome. My grootste inspirasie sal altyd Barbie bly.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok sal atyd vir my 'n simbool wees van selfvertroue en my drome. Toe ek my rok aantrek toe voel ek asof ek een stap nader is aan al my drome bereik. 'n Matriekafskeid is een van die hoogtepunte in 'n mens se lewe en wanneer daardie dag uiteindelik aankom en jy jou rok kan aantrek word van jou drome waar. My rok sal altyd vir my 'n herinnering wees dat enige iets wat jy wil hê sal jy kan bereik as jy die tyd, moeite en liefde daarin bestee.

Datum van matriekafskeid?

2025-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media