Monique Joubert

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die lewendige , speelagtige wyse van die pers en blou in my rok was n element wat ek graag in my rok wou gehad het. Dit was vir my baie uniek en iets wat ek nie oor die algemeen gesien het nie, daarom was dit dadelik my eerste keuse. Dit komplimenteer ook die elegante drapering van die materiaal en die bostuk tot die rugkant wat vir my die perfekte kombinasie van sofistikasie en flambojansie gee.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok gehad het wat uitstaan bo die ander. Die blou wat uit die pers uit reflekteer was vir my baie uniek teenoor die ander rokke se kleur. Meerderheid rokke het hierdie jaar n slit bevat en my rok het baie meer volume gehad om mee te speel sonder n slit wat die moderne magiese styl, waarvoor ek gegaan het, uitgebeeld het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok was om te sien hoe dit bymekaar kom. Om daardie materiaal te kon kry was vir my die eerste mylpaal, daarna was dit om te sien hoe die rok my komplementeer en ophelder en so my droomrok n realiteit geword het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media