Mizelle Portwig
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vandat ek in graad R was, het ek daarvan gedroom om eendag my eie klere te ontwerp. Hoewel my toekomsdrome intussen verander het, het my liefde vir mode en kreatiwiteit altyd gebly. My matriekafskeid was die perfekte geleentheid om daardie klein dogtertjie se droom ’n werklikheid te maak.
My grootste inspirasie was die tydlose elegansie van Old Hollywood, gekombineer met die glans en uitbundigheid van The Great Gatsby. Ek wou egter nie net ’n klassieke, elegante rok hê nie — ek wou ook my eie persoonlikheid daarin vasvang. Ek hou van klassieke elegansie, maar ook van pret, geselligheid en iets onverwags. Daarom was die kombinasie van paillette, vere en die dramatiese wynrooi kleur vir my perfek.
Ek het my rok Le Rêve Rouge (“The Red Dream”) genoem, omdat dit vir my soveel meer as net ’n matriekafskeidrok is. Dit is ’n droom wat jare gelede begin het en uiteindelik werklikheid geword het
