Miya Jordaan

Hoërskool Trio (Kroonstad)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou n kleur en ontwerp kies wat my as mens weerspieël. “Viva magenta” is dapper en vreesloos. n Uitbundige kleur wat n vreugdevolle en optimistiese viering bevorder. n Kleur van vrolikheid , tevredenheid en waardering - en ek glo dit spreek boekdele van my karakter na my seisoen van 12 jaar op skool.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Trio (Kroonstad)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd n korter roklengte hê ! n Unieke prentjie skep.. maar tog STYLVOL. En BLOMME ! Ek wou nog altyd óf vere óf blomme deel van my prentjie maak. Ek wou in my rok klim en my klein dogtertjie drome oortref met n paar funky hakke en n rokkleur , patroon en bykomstighede wat my persoonlikheid dra. Uitbundig en innoverend - spontaan !

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die unieke lengte. Die volume ! Die betekenis. Dit was net n regte “Miya” rok !

Datum van matriekafskeid?

2023-08-08

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media