Mischa Wait

Hoërskool Despatch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is 'n baie onbesluitelose mens, ekt nog 'n maand voor die matriekafskeid nog nie eers materiaal gehad nie, want soos my ontwerper, Andre Cloete gesê het, ek moet verlief val op die materiaal as ek dit sien en toe ek die pienk kant wat pers en silwer skyn soos dit beweeg, was ek verlief. Die styl van die rok is net idees wat ek verlief op geval het terwyl ek vir insperasie soek en in een gesit. Ek is nie 'n pienk mens nie, maar die rok het my beslis verlief op pienk gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Despatch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My insperasie vir die rok was om iets anders te doen, ek wou iets doen wat ek self nog nie baie gesien het nie en ekt geweet die materiaal self sou dit kon doen. Ek wou soos 'n prinses voel en André het dit uit-en-uit ontwerp dat ek soos een voel elke keer as ek die rok aan het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok het 'n trein gehad wat kon af gehaal word, so as ek wou dans Kon Ek dit afhaal, maar as ek soos 'n prinses wou voel kon ek. Alles van die rok was 'n droom wat waar geword en elke meisie droom oor haar matriekafskeid eks so dankbaar ek kon my droom uitleef om so verlief te wees op die perfekte rok vir my.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media