My smaak neig na vintage toe, en daarom het ek gesoek na iets uniek om by my persoonlikheid te pas. Toe ek die rok ontdek waar dit teen ‘n kas gehang het, was ek dadelik verlief op die luuksheid van die rou sy , die borduur en kralewerk. Dit was outyds maar tog elegant.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek het heelaand soos ‘n prinses gevoel. Die statige elegansie en detail was presies my smaak, maar omdat die rok vintage was, het ek gevoel asof ek ‘n juweel ontdek het! Dit het my herinner aan die era van destydse Hollywood moviestars.