Minyon Van Heerden

Hoërskool Noordheuwel

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Noordheuwel

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het 'n soortgelyke ontwerp gesien en dadelik daarop verlief geraak want dit is uniek, jonk en lewendig. Ons het die ontwerp en kleurskema aangepas sodat dit my persoonlikheid weerspieël en 'n vars, vrolike styl sou bring na 'n spesiale aand van feesviering.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok kom uit my liefde vir blomme en hul simboliek. Die perske kleuriges verteenwoordig nuwe lewe, perses dui op selfvertroue en elegansie en die groen in my rok simboliseer groei en vernuwing. Die groot oranje blomme simboliseer energie en optimisme - perfek vir enigiemand wat 'n nuwe hoofstuk begin. Die verskillende kleure en groottes blomme verwys na die uiteenlopende emosies en ervarings van my skooljare. Deur hierdie ontwerp kon ons iets skep wat nie net mooi lyk nie, maar wat ook my persoonlike groei en unieke karakter beklemtoon.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Alles. Ek is só verlief en trots op my rok in geheel - ek sit in afwagting vir die volgende geleentheid om dit weer af te wys.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media