Minke van der Mescht

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak en na lewe gebring deur Lizan Zondagh Couture. Ek wou my rok 'n unieke kleur maak daarom het ek met 'n kleur gegaan wat nie baie bekend was nie en beskryf kan word as' n blou groen kleur. Die rok is ontwerp om te skitter in die sonlig en daarom is daar n onderrok wat n baie 'sparkly' materiaal en om die rok te versag is die boonste laag van die rok 'n net materiaal. Dit is 'n een skouer rok met 'n oop rug wat my liggaam komplimenteer en het net genoeg swarovski's om jou oog te vang maar jou nie te verblind nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het lank gesoek na die perfekte matriekafskeidrok. Ek het oorspronklik 'n baie plein rok idee gehad maar wou graag iets hê wat my ook uniek sou maak. Na nog 'n ruk se soek het ek 'n video gesien met die af skouer styl en dadelik verlief geraak op die idee. My ongelooflike ontwerper het my idees soveel beter gemaak deur om die swarovski's by te las om my rok saam te vat. Ek het 'n illusie in my kop gehad om 'n kleur te hê wat nie baie mense in my skool sou hê nie en het gesoek na 'n mengsel van blou en groen, wat baie skaars is. Ek was geweet dat die kleur opsies beperk is, maar my ontwerper, Lizan het my geskok met materiaal wat ek nog nooit gesien het nie en dit het dadelik die kleur van my droom rok geraak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is die kleur. Ek het in twee verskillende plekke fotos gaan neem omdat ek die prag van my rok in verkillende omgewings wou vasvang en in elke omgewing of lig het die kleur verander. Die kleur is werklik so anders in foto's sowel as in werklike lewe. Ek was ook mal oor die feit dat ek maklik kon beweeg en het gemaklik en mooi gevoel in my rok. Die rok se 'sparkle' was vir my 'n hoogtepunt, want dit het my rok se kleur so mooi gekomplimenteer en het my kinderdrome om soos 'n prinses te voel waar gemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media