Minke Mentz

Hoërskool Pionier

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja ek het

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag ’n rok hê wat my persoonlikheid weerspieël — sag, elegant en vol dromerige sjarme.Met my lang blonde hare het ek nog altyd ’n sterk aanklank gevind met die film Tangled, en ek wou daardie betowering deel maak van my rok. Ek het gedroom van ’n ontwerp wat mense sou laat wonder: is die rok pienk of pers? Daardie misterie van kleur het vir my iets magies gehad.Die fyn blommetjies pas perfek by die sagte en romantiese gevoel wat ek wou skep. Van die eerste lap wat ek gekies het tot by die laaste kraaltjie wat aangewerk is — elke oomblik was besonders. Dit was ongelooflik om te sien hoe die prentjie wat ek in my kop gehad het, stadig maar seker tot lewe gekom het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok beteken vir my baie meer as net ’n mooi kledingstuk — dit simboliseer die einde van my skooljare en die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe. Elke detail van die rok weerspieël wie ek is: my styl, my persoonlikheid en my drome. Wanneer ek dit dra, voel ek selfversekerd, trots en dankbaar vir hoe ver ek gekom het. Hierdie rok herinner my daaraan dat ek enigiets kan bereik as ek in myself glo.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media