Minke Grundlingh

Hoërskool Hangklip

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het nie my rok gevind nie - my rok het my gevind !! Na maande se rondkyk en aanpas het ek steeds nie die gevoel gehad wat ek wou hê as ek my matriekafskeidrok aantrek nie. In George het ek na rokke gekyk en oppad uit die boutique het die verkoopsdame 'n rok, toegedraai in plastiek, uitgehaal. Haar woorde was "hierdie is jou rok". Ek kon nie aanpas nie, maar die rok het vasgesteek in my kop.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja - Hoërskool Hangklip

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Elegansie, klassiek, bling, stylvol, jonk en gemaklik. 'n Kleur waarin niemand my verwag het nie. Hierdie rok se snit, kleur en materiaal is alles wat ek wou hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is eintlik my hele rok, die lae hals, die diamanté, die kant waarvan die rok gemaak is en die kleur is alles perfek.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media