Minke Geldenhuys

Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak deur Celeste Peyper van Vileste Couture in Bloemfontein. Hulle het regtig die droom wat ek gehad het, 'n werklikheid gemaak. Dis 'n waatlemoen pienk rok van tulle. Daar is drie afsonderlike lae met die onderste 2 lae wat afgehaal kan word om 'n kort partytjie rok te maak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Meisieskool Oranje

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok kom van die tutus van ballerinas af, want ek doen al vir 15 jaar ballet. Ballet was nog altyd 'n groot deel van my lewe en ek wou dit graag uitbeeld in my matriekafskeidrok. Die kleur van die rok is geinspireer deur een van my ballet kostuums waarin ek laasjaar gedans het. Ek wou ook graag 'n unieke kleur gehad het wat niemand anders het nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my matriekafskeidrok, was die feit dat dit in'n korter rokkie kon verander.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media