Mine Kotze

HS Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

DRAMATIES. SPEELS. VEELSYDIG. ELEGANT. Die vier aspekte beeld my persoonlikheid perfek in die rok uit, in die rok wat Liezl Nortje van Liezl Nortje Boutique Coutore saam met my ontwerp het en vir my gemaak het. Sy het my visie vir die totale prentjie geneem en waarlik 'n unieke rok ontwerp wat hierdie plaasmeisie toegelaat het om absoluut haarself uit te beeld. Die verwyderbare wye romp met drie rye volstruisvere met die kombinasie met die kort fluweel rokkie onder het 'n dramatiese maar tog elegante en klassieke voorkoms geskep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HS Garsfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ons matriekafskeid tema was "Fantasiewoud", en met my gunsteling kleur en inspirasie van die Franse ontwerper Christiaan Siriano se 2024 Resort Collection, kon ek nie anders as om ons eie trots Suid-Afrikaanse volstruisveer Maleficent uit te beeld nie!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die rye en rye volstruisvere wat een vir een deur my mams vasgeheg is, was vir my baie spesiaal, en toe die dansbaan open, kon ek die romp afknip en "toer om die vloer" in my gemaklike (en steeds uitsonderlike) fluweel rokkie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media