Milly Honey

Hoërskool Hartbeespoort

Tuisdorp

Hartbeespoort

Skool

Hoërskool Hartbeespoort

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het self my matriekafskeid rok ontwerp en Heidi wat in ons dorp woon het my rok gemaak en dit het presies uitgekom soos ek nog altyd gedroom het

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok het gekom uit my liefde vir eenvoud met ’n tikkie glans. Ek wou iets ontwerp wat nie oordoen is nie, maar steeds daardie gevoel van luuksheid en spesiale geleentheid uitstraal. Vir my is ware styl nie in oordaad nie, maar in balans tussen sagtheid en selfvertroue, eenvoud en glans, gemak en elegansie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Omdat ek dit self ontwerp het, voel dit vir my persoonlik en vol betekenis. Elke detail herinner my aan die proses van om iets mooi te skep uit my eie idees, iets wat ek gedroom het en sien lewend word het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Een van die lekkerste dele van my matriekafskeid was beslis om reg te maak vir die groot aand. Die dag, die hare, grimering, en die oomblik toe ek my rok aantrek, dit alles het bymekaargekom en ek was vreeslik opgewonde. Om later saam met my vriende op die dansvloer te wees, in my droomrok, was die perfekte afsluiting van ’n hoofstuk in my lewe en verseker die hoogtepunt van my aand.

Planne vir na matriek

Ek het ingekryf by Isa Carstens Academy vir 2026 om Somatologie te studeer en gaan ook in die koshuis bly. Ek sien baie uit na my nuwe hoofstuk.

Gunsteling woord in Afrikaans

My gunsteling woord is ‘Mamma!’ Ek sê dit omtrent honderd keer per dag — met liefde, met drama, en soms net vir gesels!

Datum van matriekafskeid

2025-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media