Millah Viljoen
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die grootse inspirasie agter my rok is die absolute vryheid wat die oseaan uitstraal. Die see het my geleer dat iets terselfdertyd kragtig én kalm kan wees, en dit is presies die energie wat ek in my matriekafskeidrok wou vasvang. Vandat ons in my graad 10-jaar na die kus toe getrek het, het die oseaan my anker geword. Ek wou nie net ’n mooi rok hê nie; ek wou ’n tydlose meesterstuk hê wat soos ’n ewige klassieke "showstopper" voel. Ek het vir my oom totale kreatiewe vryheid gegee, my enigste voorwaarde was dat ek knopies aan die agterkant wou hê. Saam het ons toe op my unieke rok ontwerp besluit. Die manier waarop die materiaal val en die diepte van die kleur weerspieël die oneindige horison en die ritme van die golwe wat my hart so rustig maak. Dit gee perfek lewe aan die sprokie waarin ek as klein dogtertjie altyd geglo het, en laat my uiteindelik voel soos die prinses wat ek nog altyd wou wees. ( en hoe spesiaal dat my rok perfek by ons matriekafskeid tema pas - Midwinterbal)
