Milla Cronje

Curro Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is gebaseer op 'n ontwerp van Georges Hobeika, 'n lebanese ontwerper. Dit is geskep uit 'n luukse salie groen materiaal wat die idee van 'n hologram vertroon. Afhangende van hoe die lig val skitter die rok in verskillende skakerings van blou, groen en goud. Die rok is gemaak deur Hester Cronje, van Creative Fashions in Nelspruit. Die rok het 'n opryg hals met 'n diamant vorm opening op die maag, 'n kralewerk heupband en een lang spleet. Van agter het die rok 'n lae oop rug. Die materiaal is sag maar swaar genoeg om goed om die kurwes van my liggaam te drapeer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Nog nie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou baie graag 'n unieke ontwerp gebruik wat die vorm van my liggaam komplimenteer. Ek is geinspireer deur die retro vroee 2000's styl van die lang lyf, ek wou elegant lyk maar terselfdetyd gemaklik wees en lekker kan dans. Ek het lank terug 'n foto van'n soortgelyke rok gesien geskep deur 'n beroemde ontwerper wat dadelik my asem weg geslaan het. Ek is geinspireer deur die klassieke styl met 'n jeugdige twist.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Elke element van die rok het in geheel 'n meesterstuk geskep. My gunsteling deel van die rok is dat dit gemaklik is en my soos 'n prinses laat voel. Die kleur van die rok is besonders en ek het nog nooit iets soortgelyk teegekom nie wat my velkleur perfek komplimenteer. Die rok is 'n perfekte vertoning van my eie persoonlike styl en smaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-11-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media