Milla Botes
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Dit was ’n groot voorreg dat Carike Nel na al my idees geluister het en uiteindelik ‘n rok gemaak het wat mooier was as waaroor ek ooit kon droom. Die dag toe ons materiaal gekoop het, het Carike soos ‘n kunstenaar lae materiaal bymekaar gevoeg wat gesorg het dat dit lyk asof die rose van my rok beweeg. Elke ander hoek is ’n nuwe prentjie. Ek het oorspronklik gedink ons gaan iets in pienk doen, maar ek en sy het toe saam besluit op salie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die silhoeët van my rok sou seker altyd lyk soos die prinsesse in my boeke van kleintyd, maar ek wou definitief een of ander moderne element hê. My tweelingsussie het in die kar op pad na ons eerste afspraak by Carike vir my ‘n foto gewys van die rose wat deur materiaal gebou (-vou) kan word en toe weet ek!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My Oupa het my en my sussie altyd Roosknoppe genoem. So met die maak van my rok het ek het nogal aan hom gedink. Hy was ook lief vir tuinmaak. Vir my simboliseer die rose en die jong groen kleur van my rok daarom groei en om te bou aan dit wat mooi is. Lewe!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Dit was vir my só lekker om te sien hoe al my vriende arriveer by die Afskeid. Ons het regdeur die jaar ons ontwerpe(selfs die kleur) ‘n geheim vir mekaar gehou; om toe te sien hoe elkeen se planne bymekaar gekom het en haar rok presies by haar persoonlikheid pas, was spesiaal.
Planne vir na matriek
Ek kan nie wag vir die studentelewe nie! Maar is nog effens onseker oor presies waar ek Arbeidsterapie gaan studeer. Ek moet nog besluit tussen die Universiteite hier bo of die mooie Kaap.
Gunsteling woord in Afrikaans
lieflik
Datum van matriekafskeid
2025-10-07