Milandri Schutte

Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is Milandri Helene Schutte, vernoem na my Ouma Helene Swan.

Die blou eenstuk broekpakkie is 'n simbool van hoop en my laaste Kersfees saam met my Ouma Helene wie 7 jaar vir kanker behandel is. Hierdie Kersfees was blou omdat dit Ouma se gunstelling kleur is.

Die pienk satyn binne die romp vereer vroue soos my Ouma wat teen kanker 'n stryd moet voer.

Die blomme aan die buitekant van die romp simboliseer hoop, liefde en viering van elke lewensdag tydens 'n kanker pad.

Ouma Helene verloor haar stryd teen kanker op 23 Februarie 2020.

My Ouma Helene was 'n ystervrou en is 'n inspirasie vir vele en vier ek my Ouma Helene se lewe met hierdie matriekafskeidrok.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media