Milan Munro

HTS Middelburg

Ouderdom

18 jaar

Skool

HTS Middelburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het nog altyd geweet ek soek n wye rok, om my soos ń prinses te laat voel. Dis die een keer in jou lewe wat mens anders kan wees, deur net jouself te wees. Ek het geweet hy moet geel wees, ń strik, inryg, en natuurlik valle. Ek het by Jolinda Nel van MORÉ Bespoke uitgekom en sy het dadelik geweet wat ek soek. Sy het die perfekte geel materiaal opgespoor wat by my vel en hare pas.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Pastel geel was nog altyd my gunsteling kleur. En dit pas by my persoonlikheid. Geel is vir my n lewendige en vrolike kleur. Maar tog sag. En nadat ek "How to loose a guy in ten days" gekyk het, het ek net geweet ek moet n geel matriekafskeidrok hê.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek is verlief op my hele rok! En alhoewel my valle n apparte romp is wat kan afhaal, wou ek net nie my valle afhaal nie.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media