Mila Vermeulen

Bloemhof Stellenbosch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die woorde eenvoud, elegant en stylvol beskryf my rok, maar steeds het ek prettig en jonk in my rok gevoel. Wat die rok besonders maak is die materiaal, daar was nie nog 'n rok van dieselfde kleur nie. Die materiaal is swart met 'n bietjie blink in, maar die oomblik as ek stap en die lap beweeg gee dit 'n fluweel pers skynsel wat dit regtig besonders en spesiaal gemaak het. Ek het soveel komplimente daarvoor gekry wat my regtig spesiaal laat voel het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bloemhof Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om 'n eenvoudige en unieke ontwerp te he. Ek het self my rok geteken en die ontwerpster het dit nie mooi afgerond met haar professionele oog. Dis ook sy wat vir my die mooi lap gewys het wat my so opgewonde gemaak het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rug asook die voorste boonste gedeelte van die rok was vir my baie spesiaal, maar die lap was verseker my gunsteling, want dit het die rok eenvoudig net in 'n klas van sy eie gesit.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media