Mila Lombaard

Hoërskool Nelspruit

Ouderdom

18 jaar oud

Skool

Hoërskool Nelspruit

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het ń sagte lig geel rok van sy chiffon materiaal gekies met unieke kombinasies van ń elegante, gestruktureerde bolyf met ń vloeiende romp. Die ontwerp is modern, maar daar is steeds ń balans tussen stylvol en jeudig. Ek wou gehad het dat my rok my persoonlikheid uitbeeld: lewendig en vrolik

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My gunsteling blom is ń sonneblom en dit was my inspirasie agter my rok. Die liggeel kleure en die vloeiendheid van die ontwerp, herinner my aan die warmte en vrolikheid wat sonneblomme uitstraal. Nes soos ń sonneblom na die son draai, wou ek hê dat my rok moes lig, vreugde en ń gevoel van ń nuwe begin weerspieel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die vloeiende lae van my romp is my gunsteling detail. Elke tree het dit laat beweeg en dans. Ek kon vryelik beweeg, dans en die aand ten volle geniet sonder om aan my rok te dink - dit het my laat voel soos die beste weergawe van myself.

Datum van matriekafskeid

2025-08-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media