Mila Henning

HTS Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droomrok was ‘n eenstuk met ‘n korset bokant en 'n welige tule romp. Die romp is in vlakke van glinsterende helderpienk tule en die korset van ragfyn kant met blomme borduurwerk. Die satynbelyning op die korset is dieselfde kleur as die romp en het my figuur gekomplimenteer. Die toerygbandjies het die rugdetail besonder gemaak met die pragtige tule moue (soos engelvlerke) wat die romp detail herhaal. Die aandag aan detail het die finale produk selfs nog mooier gemaak as die prentjie wat ek in my kop gehad het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja ek het ons skool se matriekafskeid, wat 'n "Alice in Wonderland" tema gehad het, bygewoon.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het geen vooropgestelde idees gehad nie – wat tot my voordeel was – met eindelose geduld is ek toegelaat om die een rok na die ander aan te pas … sonder om die “DIS DIE EEN!” gevoel te kry. Daarom was ek oopkop en gretig vir voorstelle van Jana Robertson van Silver Swallow Design. Ons twee se kreatiewe breine het mekaar dadelik gevind en tussen die meters en meters mooiste helderpienk materiaal het ons ‘n kunswerk geskep.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dat die rok van die hals tot die soom my soos ‘n handskoen gepas het! Vir my was gemak belangrik, nêrens was ‘n naat wat krap, of iets wat my in ‘n verleentheid kon bring nie. Ek kon die aand met oorgawe geniet. Die rok is so LOUD soos my persoonlikheid!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media