Mila Franklin

Hoër Meisieskool La Rochelle

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droom was om n tydlose, moderne en elegante matriekafskeid rok hê. n Rok wat uit staan en anders is as die mode neiging. Genevieve Atelier het hierdie droom waar gemaak. Die rok is wynrooi, skouerloos en passend met blommetjies kant wat vanaf die korset afvloei. Die kant rond die sleep af wat bydra by die tydlose eligansie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool La Rochelle

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou my persoonlikheid en geaardheid uitbeeld in my rok. Die wynrooi gee n indruk van volwassendheid en selfvertroue terwyl die blommetjies kant n opwindenheid en jeug uitbeeld. Met die hulp van my Ma en Genevieve van Genevieve Atelier het my droom waar geword.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die geheime lus aan die sleep van my rok maak dat ek die sleep kon vas maak aan die agter kant van my rok en die dans vloer aanpak sonder dat my rok sleep of vuil word. Die pragtige hand aangewerkte blommetjies kant het n drie dimensionele gevoel aan die rok gegee. Alhoewel die rok n afskouer korset rok was het ek so gemaklik in die rok gevoel wat een van die voorvereistes was vir my droom rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media