Mila Engelbrecht

Hoërskool Swellendam

Tuisdorp

Swellendam

Skool

Hoërskool Swellendam

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

‘n Vreeslike talentvolle tannie in ons dorp, Marinda Boshoff, het my gehelp om idees bymekaar te sit. Sy het my romp, asook die toppie gemaak. Ek het wel die kraletjiewerk op die toppie self gedoen, omdat ek my eie unieke ‘touch’ wou byvoeg en wou sê ek het ook ‘n deel van my rok self gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het soveel liefde van die Here wat ek met ander wil deel en ek voel deur kleur kon ek so klein ietsie van Sy vreugde in my met ander deel. My ma se kleurvolle persoonlikheid en klerekas was my grootste inspirasie vir my kleurvolle rok. en my kontrasterende kleur oorbelle en hakskoene.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het gevoel die rok was uit en uit Mila Engelbrecht in elke opsig. Dis presies hoe ek voel ‘n matriekafskeidrok moet wees. Dit moet JY wees. Mila hou van blomme, so blomme was daarop. Mila hou van kleur, so die rok het uit verskillende kleure bestaan. Mila hou van ‘n los rok wat lekker kan dans, so die romp was vloeibaar en gemaklik. Met die beading kon ek ook op ‘n manier met my oumas ‘connect’, want ek het by hulle my liefde vir naaldwerk gekry.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Definitief die pavlova tafel in die middel van die dansvloer! Natuurlik ook my metgesel wat meer op die dansvloer was as wat ek was (die amper onmoontlik).

Planne vir na matriek

Ek gaan by Stellenbosch Bcom Internasionale Studies gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

koeksister

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media