Mikayla-Amé Briedé

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was ontwerp deur Mar-Nel by Ronél Scholtz. Dit is n elegante lig blou rok met n sagte fit en flare onderkant. Die rok het n open back lace up detail. Al die lace is individueel geplaas en met die hand vasgewerk om n vervaagde effek van die lace blomme te skep. My ontwerpkeuse is gebaseer op my persoonlikheid en daarom is dit baie simplisties met slegs die lace detail wat dit stylvol laat voel. Ek wou n beeld van natuurlike skoonheid beliggaam met elke ontwerpkeuses wat ek geneem het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was my rugoperasie wat ek verlede jaar Junie ondergaan het. Die matriekafskeid was die eerste keer wat ek my scar blootgestel het vir so baie oë om te sien. Ek wou gehad het die rok moes spreek van natuurlike skoonheid en vertroue in my vestig. Die oop rug detail was dus die kernpunt van waar die omtwerp van my rok begin het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die oop rug met lace up detail wat my scar sentreer sowel as die handvasgewerkte blomme met die vervaagde effek.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media