Mika Venter

Hoërskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My pragtige sagte blou rok van House of Superior Clothing is 'n A-lyn rok met die mooiste korset bo-kant. Die onder-kant is van satyn met 'n organza bo-laag en die toppie is 'n korset van kant met net genoeg "bling" om die regte balans te bring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Garsfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag 'n rok dra wat my beste eienskappe beklemtoon. Die sagte blou van my rok het my oë perfek gekoplementeer en die A-lyn styl het die vorm van my lyf mooi gepas. Ek wou ook graag net genoeg blink inbring om my te laat uitstaan, maar nie om die hele rok oor te neem nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was die sagte blou wat so mooi by my oë pas, die blink korset toppie en die manier wat wat die rok my laat voel het as ek dit aan het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media