Mignon Walters

Curro Aanlyn

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die ontwerpers wou 'n materiaal gebruik wat sterk genoeg sou wees om die ontwerp se kurves te hou en om my voete sou vloei, en het toe op "Duchess Satin" besluit. Die oorspronklike foto was van 'n wit rok met geborduurde blomme op die wit materiaal, met geel rose en blaartjies om die asimmetriese spleet gerangskik. My rok het handgemaakte blomme en blaartjies van verskeie grottes, en die wit materiaal het effense vloeiende lyne op geborduur.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Nee, ek het 'n afskeid vir aanlyn leerders in die Vaal Driehoek bygewoon wat by Stonehaven on Vaal gehou is.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog nooit die tipe meisie wat rokke wou dra nie. Ek was altyd meer gemaklik in 'n paar jeans en stewels. Ek was net nooit gemaklik gemoeg in my eie lyf om 'n rok te wou dra nie, maar die twee vrouens (Tannie Ilani Wilken en Tannie Sandra Hugo) wie my rok ontwerp het, het my so gemaklik laat voel. Dit was nie net 'n besigheidtransaksie gewees nie, hulle wou my opinie hoor en het my deel gemaak van die hele proses. Hulle het my gevra om op Pinterest na foto's te kyk van rokke waarvan ek gehou het en dan die foto's vir hulle aan te stuur. My keuses was maar soortgelyke bottelgroen of koningsblou style, met my rok iewers in die middel. Daar was eintlik 'n eenparige besluit dat dié my rok sal wees en ek kan eerlikwaar sê dat ek nooit gehuiwer het of ongemaklik gevoel het in my rok nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die blomme is vir my baie spesiaal omdat ons só lank na blomme opsoek was en net nie iets kon kry nie. Tannie Ilani het toe vir 'n vriendin gevra of sy 'n ontwerp kon maak en só het ons tot die besluit gekom om nog blommetjies van verskeie groottes en lae vir die rok te laat maak. Die moue laat my dink aan 'n sprokiesrok en het self silwer blomme wat oor die materiaal rank. Ek dink my gunsteling deel van die rok was die styl, omdat dit vloeiend gelyk het en die blomme met hul blare was aan die draaie van die sleet vasgemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media