Mignon Du Plessis
Hoërskool Oos-moot
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Oos-moot
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok by House Of Surperior Clothing gekoop . Mercia van der Walt het my met soveel geduld en styl gehelp om die perfekte rok te kies wat presies by my persoonlikheid pas . Sonya het my rok se aanpassings met sorg en persiesheid gedoen . Toe ek uiteindelik vir my laaste passing gegaan het , het ek nie net mooi gevoel nie , maar spesiaal .
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was om iets te dra wat elegant en romanties voel , maar wat nogteeds ń moderne tikkie het . Ek wou hê dit moes sag en tydloos wees , met net genoeg detail om uit te staan sonder om te oorweldig.
Die koningsblou en groot blomme het dadelik my aandag getrek , dit het vir my gevoel soos ń mengsel van koninklike styl en lente-romantiek.
Elke keer as ek na my rok kyk , herrinner dit my aan ń aand gevul met styl , selfvertroue en tydlose skoonheid .
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken vir my iets meer as net iets mooi om te dra , dit verteenwoordig krag , elegansie en ń nuwe hoofstuk van my lewe . Wanneer ek daaraan dink sien ek nie net ń blou rok nie , ek sien ń deel van myself , iemand wat gegloei het van vreugde en selfvertroue.
Dit is ń simbool van wie ek geword het en hoe mooi dit is om jouself met styl en grasie te vier .
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt , sonder twyfel , was die fotosessie . Dit het my rustigheid gegee tussen die geskarrel en gejaag om klaar te kry . My fotograaf , Chanel Grobler , het seker gemaak dat ek dit heeltyd geniet en dat ek kalm was . Vir die eerste keer daardie dag het alles net reg en rustig gevoel .
Planne vir na matriek
Na matriek wil ek BCom regte by Tukkies gaan studeer , met die oog op omgewingsregte . Dit is ń perfekte manier om my liefde vir geregtigheid en die omgewing te kombineer .Ek gaan steeds hier in die hart van Waverley bly want dis waar my mense is , waar ek gemaklik voel en waar alles begin het .
Ek voel nie jy hoe vêr te gaan om jou drome ń realiteit te maak nie .
Gunsteling woord in Afrikaans
Pronkertjie
Datum van matriekafskeid
2025-10-10