Mignon Alicia Smalman

Hoërskool Florida

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Palatalisasie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek kan onthou wou ek n prinses geword het. Al die Disney flieks oor Aspoestertjie, die Slapende Skoonheid en Skoonlief en die Ondier het my in n droomwêreld laat dwaal. Ek het gedroom om n kroon te dra, n balrok te hê en om soos n feeprinses te lyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My prinsesrok het my kinderdae drome bewaarheid. Die klein dogtertjie binne my het iets gekry waarvoor sy so lank gewag het en ek het weer besef dat die lewe wel soms n sprokiesverhaal kan wees. Ek het ontsnap van die moeilike realiteite van die lewe vir n paar oomblikke en iets binne my het die bevrediging gekry waarvoor ek jare lank al vir soek. My rok was soos n metgesel wat die diepste dele van my hart kon uitstraal. My rok het my hele wese weerspieël – n lojale en dapper hart, n koninklike sagmoedigheid en die belangrikste van alles, Jesus se prinses.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media